Verdrag van Versailles

Die ondertekeningseremonie in die spieëlsaal van die Paleis van Versailles.
The Signing of the Peace Treaty of Versailles

Die Verdrag van Versailles (1919) was die vredesverdrag wat 'n amptelike einde aan die Eerste Wêreldoorlog tussen die Geallieerde Magte en Duitsland gebring het. Dit was onderteken presies vyf jaar na die sluipmoord op Aartshertog Frans Ferdinand: die gebeurtenis wat die begin van die oorlog gekenteken het. Alhoewel die wapenstilstandsverdrag wat op 11 November 1918 onderteken is, die einde aan die geveg gebring het, het dit ses maande se onderhandeling tydens die Vredeskonferensie in Parys geneem voor daar op 'n vredesverdrag besluit kon word. Onder die baie voorwaardes van die verdrag was die belangrikste en mees kontroversiële voorwaarde dat Duitsland en sy geallieerdes volle verantwoordelikheid vir die oorlog moes aanvaar. Verder moes hulle, volgens die terms van artikels 231-248, hulself ontwapen en aansienlike dele van die land self aan Frankryk en Pole gee asook die oorlog se finansiële skuld van sommige van die Geallieerde Magte betaal. Die Verdrag was deur daaropvolgende gebeurtenisse ondermyn, reeds sedert 1922, en was teen die middel van die 1930's grootliks geïgnoreer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search